Suid-Afrikaners (wel minstens die meeste van hulle) het hierdie week die 20ste herdenking van oud-President FW de Klerk se geskiedkundige toespraak gevier – onthou, die een waarin hy die bestaan en lidmaatskap van organisasies soos die ANC, SACP wettig verklaar het. Daar is baie bespiegeling rondom de Klerk se besluit en ‘n mate van lof /kritiek word aan hom toegestaan afhangende vanaf die perspektief waaruit sy daad bekyk word. Rian Malan, uitgesproke joernalis en outeur van Resident Alien verduidelik hoe hy die saak sien.
Ek het amper die ander dag ’n Engelsman gebliksem.
Ons het in die kroeg gesit en gesels oor die 20ste herdenking van FW de Klerk se “groot sprong vorentoe” (Om Mao se term effe te misbruik).
Ek het aan die Engelsman verduidelik dat ek gedink het De Klerk se optrede was ’n heldhaftige daad, amper sonder enige gelyke in die geskiedenis van die mensdom, maar hy wou niks weet nie.
“De Klerk was ’n loser,” het hy gesê, “’n rassis wat tot oorgawe gedwing is deur sanksies, globale isolasie, stakings en geweld in die townships en toe gedwing is om, dekades te laat, die behoorlike ding te doen.”
Vroeër jare sou menigte mense heel waarskynlik twee keer gekyk het as hulle Pik Botha en Rian Malan saam sien rook het. Wie weet, miskien selfs vandag nog. Die twee was nou nie juis aan die selfde kant gewees tydens die Apartheidsjare nie. En tog, hier staan hulle en “reminice” langs die Muur van Herinnering.
Kirby van der Merwe het saam gekuier terwyl die twee teruggedink het oor daai jare en, verbasend tot dieselfde gevolgtrekkings gekom het oor baie wat gebeur het. Wys jou net – in retrospeksie kan dinge baie anders lyk. Lees meer oor hoe Rian destyds oor die Angola oorlog, kommunisme en die ANC gevoel het in My Traitor’s Heart. Sy nuutste boek is Resident Alien.
Pik Botha en Rian Malan was in die ou bedeling nie juis aan dieselfde kant van die politieke muur nie. Kirby van der Merwe het hulle gevat na mure wat in die nuwe Suid-Afrika al vir omstredenheid gesorg het.
Rian Malan is bekommerd oor sy lang hare. Oor wat sy ma in die aftree-oord in Parys in die Vrystaat daarvan gaan dink as hy soos ’n takhaar in die koerant verskyn. “Ek moet die goed laat sny,” sê hy terwyl hy die slierte met sy vingers kam.
Hardy Olivier en Louis Janse van Vuuren het met ‘n helikopter op die plaas Lelienfontein buite Wellington geland terwyl Anet Pienaar, hul medeskrywer, die talle gaste verwelkom het. “Dit was Louis se droom,” het Pienaar gesê.
Hierdie drietal, ‘n kunstenaar, ‘n sjef en ‘n stylvolle dame, het die kookboek saamgestel ná ‘n reis deur Auvergne in Frankryk.
Daarom was die plattelandse atmosfeer van Lelienfontein ideal vir ‘n viering van hul kookboek. “Nader aan die Franse platteland kan jy nie kry nie,” het Pienaar gesê.
Gaste is met hul aankoms by dié stylvolle Franse fees met rosé bedien. Dié wyn is spesiaal deur Bosman Familie Wingerde vir die geleentheid geskep. Musiek is deur Neil Rademan en die voilis Wilken Calitz voorsien.
Gaste is bederf met geurige kos wat die drietal opgedis het. Kelners met Franse hoedjies het onder meer krewelsopies, salmhappies, tjips met ‘n knoffelbottersous en boereworsrolletjies met strikkies om uitgedeel.
“Mense vra wie borg dit alles,” het Janse van Vuuren gesê. “Dis ons! Dit gaan vir ons oor vriende. Ons wil só dankie sê aan almal.”
Janse van Vuuren het gesê hy het nou baie respek vir boeke. “Ek vee nou my hande af voor ek aan ‘n boek raak, want ek kan vir jou sê, om ‘n boek te skryf is nie vir sissies nie.” Van Vuuren en Pienaar het albei kursusse in kreatiewe skryfkunde by Riana Scheepers voltooi en dit het hulle baie gehelp.
Van Vuuren het ook vir Pienaar bedank. “Sy is ‘n deurvoerster,” het hy gesê, want sy het ‘n idee wat met ‘n briefwisseling begin het, deurgevoer totdat dit ‘n werklike boek geword het.
Toesprake was egter kort gehou, want die fokus van die dag was beslis op kos en samesyn. Glase is weer volgemaak en koeksusters, skuimpies en kaasborde is uitgedeel. “Wie weet, miskien skep ons ‘n nuwe tendens vir boekbekendstellings,” het Pienaar gesê.
Fotogalery:
Boekbesonderhede
Feestelike Frankryk: Fabels en Geregte uit die Franse Platteland deur Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier, Anet Pienaar Boektuisblad EAN: 9781868423606 Find this book with BOOK Finder!
Festive France: Reflections and Recipes from the French Countryside deur Louis Jansen van Vuuren, Anet Pienaar, Hardy Olivier Boektuisblad EAN: 9781868423613 Find this book with BOOK Finder!
What do you get when three South African friends – a chef, an artist and a stylish woman with boundless energy and vision – are intent on the adventure of a lifetime?
You get Festive France, a beautiful book filled with evocative photographs, amusing anecdotes and sumptuous recipes, celebrating the pleasures and pitfalls of rural life.
The authors set off on an energetic journey through their beloved Auvergne, providing a tantalising glimpse of a life that many can only dream of. Buying a château, tracking down the perfect croissant, battles with bricklayers and bureaucrats, the rituals of the morning market – all are described with affection and humour and weave a rich tapestry of life deep in the heart of the French countryside.
The flavour of France is brought to life by scores of mouth-watering recipes from the kitchen of their very own Château La Creuzette – recipes that are well within the capabilities of any enthusiastic home cook.
So share with them the seductive pleasures of the French table – icy champagne, memorable meals and the company of good friends – c’est la vie!
Festive France: Reflections and Recipes from the French Countryside by Louis Jansen van Vuuren, Anet Pienaar, Hardy Olivier Book Homepage EAN: 9781868423613 Find this book with BOOK Finder!
Feestelike Frankryk: Fabels en Geregte uit die Franse Platteland deur Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier, Anet Pienaar Boektuisblad EAN: 9781868423606 Find this book with BOOK Finder!
‘n Liedjie wat Lize Beekman self op ouderdom 12 geskryf het, is deur die baas van ‘n platemaatskappy gehoor en dit het die titelsnit van Clive Bruce se album geword.
Dit was maar net die eerste hoogtepunt in ‘n indrukwekkende musiekloopbaan. Hierdie en ander gebeure in die talentvolle sanger se lewe word deur Ilza Roggeband in 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek vertel.
Jy kan ‘n eksklusiewe uittreksel uit Roggeband se boek op Sarie se webtuiste lees. Daar word ook oor die moeilike tye in Beekman se lewe geskryf, soos toe sy gemolesteer is. Lees ook wat Elzabé Zietsman, Amanda Strydom en Pedro Kruger oor haar te sê het.
Haar pad na sukses was ‘n lang een, maar Lize Beekman het deur die jare bewys dat sy een van Afrikaanse musiek se beste liedjieskrywers ooit is
Uittreksel: 50 Stemme – die Grootste name in Afrikaanse musiek deur Ilza Roggeband (vrygestel deur Jonathan Ball). Dis vrylik by alle boekwinkels landswyd beskikbaar teen R230.
Sy is op 22 Julie 1974 in Bellville buite Kaapstad gebore en het al kleintyd begin liedjies opmaak.
“Ek het nuwe woorde vir bestaande liedjies geskryf,” onthou sy. “Ek het byvoorbeeld ‘Ver in die wêreld Kittie’ herskryf met woorde vir my ouma Bessie. Die laaste versie was: ‘En ons is baie lief vir haar, lief vir haar, lief vir haar voorwaar.’ Ouma Bessie het in Februarie 2009 ‘n volle 102 jaar oud geword. Toe ek nog ‘n klein dogtertjie was, het dit al vir haar moeilik begin raak om kerk toe te stap. Ek sou ‘n kassetspelertjie neem en vir haar ‘preke’ opneem. Ek het ‘n stukkie uit die Bybel gelees, vir haar gepreek en dan gesing. En ek het gepréék! Vir haar presies gesê wat die versie beteken wat ek vir haar gelees het.”
By die onlangse Aardklop Kunstefees het mense Ilza Roggeband se boek, 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek, saamgedra na optredes, sodat hul gunsteling musiekkunstenaars dit kon teken.
Dít maak dié ervare musiekjoernalis en -agent baie bly, want soos sy gisteraand by die bekendstelling van die boek in Exclusive Books in Tygervallei gesê het: “Dit is ‘n koffietafelboek, maar dit is ook ‘n boek wat gebruik moet word.” 50 Stemme is volgens Roggeband bedoel vir werklike liefhebbers en ondersteuners van die Afrikaanse musiekbedryf.
Roggeband erken haar keuse van die 50 grootste musiekkunstenaars in Afrikaans is miskien nie dieselfde as iemand anders s’n nie, maar tog meen sy: “As ‘n mens hierdie boek maan toe sou stuur en dit word oor 200 jaar gevind, sal dit ‘n goeie verteenwoordiging wees van wat tans in die Afrikaanse musiekbedryf aangaan”.
Sy was in die bevoorregte posisie om self onderhoude met 42 van die 50 “stemme” te voer en dit is veral die staaltjies wat hulle oor ander kunstenaars vertel het, wat interessante leesstof verskaf het.
In die boek kan jy onder meer lees hoekom Kurt Darren sy hare blou wou kleur, waar Bles Bridges die eerste keer rose by sy konserte uitgedeel het en wat ‘n selfoon-luitoon met Nicholis Louw se treffer “Rock daailyfie” te doen het.
Roggeband meen die Afrikaanse musiekbedryf sal van krag tot krag gaan. Die bedryf is tans baie “oop” en dit lyk miskien of enigeen ‘n CD kan uitbring, maar sy meen dit skep ruimte vir groei en kreatiwiteit.
Roggeband hoop sy sal uiteindelik ook ‘n 75 Stemme kan uitbring, namate die musiekindustrie uitbrei.
Een van die 50 “stemme”, Gian Groen, het by die bekendstelling opgetree en onder andere sy liedjie “Vier seisoene kind” gesing, wat ook deur Laurika Rauch opgeneem is. Die storie oor waar Rauch was toe sy die liedjie die eerste keer gehoor het, word ook in Roggeband se boek vertel.
Jonathan Ball Uitgewers nooi u vriendlik uit na die bekendstelling van 50 Stemme, ‘n opwindende versameling van die grootste name in Afrikaanse musiek deur Ilza Roggeband.
Wat het Steve Hofmeyr in Gobabis vir Juanita du Plessis gesê?
Waar was Theuns Jordaan toe hy die eerste keer “Loslappie” gehoor het?
Wat is die ooreenkoms tussen “Ou ryperd” en ABBA?
Hoekom moes Carike Keuzenkamp klere by haar buurvrou leen?
Waar het Bles Bridges die eerste keer rose by sy konserte uitgedeel?
Waar was David Kramer toe hy “Stoksielalleen” geskryf het?
Hoekom is liedjies van Cora Marie en Groep Twee deur die SAUK verbied?
Wat dink Koos Kombuis is sy grootste bydrae tot Afrikaanse musiek?
Waar is die een plek waar Mimi Coertse nooit die kans gekry hetom op te tree nie?
By wie het Rina Hugo klere geleen vir ’n internasionale sangkompetisie?
Wat is die storie agter Amanda Strydom se “Ek loop die pad” en Chris Chameleon se “Sterredank”?
Wat het ’n selfoon-luitoon met Nicholis Louw se treffer “Rock daailyfie” te doen?
Hierdie is maar net ’n paar van die interessante vrae wat in 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek beantwoord word. Die boek bestaan uit 50 hoofstukke – van Amanda tot Valiant, van Die Briels tot Fokofpolisiekar. Daar is onderhoude met van die grootste rolspelers in Afrikaanse musiekasook kostelike staaltjies en pragfoto’s van toeka tot nou.
50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek is ’n boek enig in sy soort en een waarvoor musiekliefhebbers van alle ouderdomme al lank wag.
“Bravo aan Ilza vir haar vernuftigheid om met noukeurige navorsing ’n fyn balans tussen die verskeie genres te bring en met styl die waarheid ágter die waarheid en die skerms in te kloof.” – Tinus Esterhuizen, musiekregisseur: RSG
Die kunstenaars bevat:
Amanda Strydom, André Schwartz, Anneli van Rooyen, Anton Goosen, Bles Bridges, Bok van Blerk, Brasse vannie Kaap, Carike Keuzenkamp, Chris Chameleon, Coenie de Villiers, Cora-Marie, Cutt Glas, Danie Niehaus, David Kramer, Die Briels, Dozi, Eden, Elzabé Zietsman, Fokofpolisiekar, Gé Korsten, Gert Vlok Nel, Gian Groen, Groep Twee, Jan Blohm, Jannie du Toit, Johannes Kerkorrel, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Kobus, Koos du Plessis, Koos Kombuis, Kurt Darren, Lance James, Laurika Rauch, Leon Schuster, Lize Beekman, Lucas Maree, Mimi Coertse, Min Shaw, Mynie Grové, Nicholis Louw, Patricia Lewis, Piet Botha, Rina Hugo, Robbie Wessels, Ronéll Erasmus, Sonja Herholdt, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Valiant Swart
Vir die vrou wat daarop aandring om finansieel onafhanklik te wees …en nie op ’n man, familie maatskappy of regering wil staatmaak om vir haar te sorg nie.
Ryk Vrou deur Kim Kiyosaki is ‘n boek oor belegging vir vroue. Waarom dan ‘n boek oor belegging net vir vroue skryf? Daar is ‘n baie goeie rede.
Die hoe van belegging – hoe om ‘n aandeel te koop en te verkoop of hoe om ‘n winsgewinde huureiendom te vind – is vir vroue dieselfde as vir mans. Wat anders is, is die unieke probleme wat vroue ten opsigte van geld- en beleggingsake ervaar. Die volgende statistieke is skrikwekkend: (Hierdie statistieke geld vir die VSA. In baie ander lande verskil die persentasies, hoewel die tendense ooreenstem.) (more…)