Go to BOOK SA home
13 Mar 2010

Jonathan Ball

@ BOOK Southern Africa

Lig jou hoed vir ‘n groot Suid-Afrikaner sê Rian Malan

February 4th, 2010 by Claire

Resident AlienSuid-Afrikaners (wel minstens die meeste van hulle) het hierdie week die 20ste herdenking van oud-President FW de Klerk se geskiedkundige toespraak gevier – onthou, die een waarin hy die bestaan en lidmaatskap van organisasies soos die ANC, SACP wettig verklaar het. Daar is baie bespiegeling rondom de Klerk se besluit en ‘n mate van lof /kritiek word aan hom toegestaan afhangende vanaf die perspektief waaruit sy daad bekyk word. Rian Malan, uitgesproke joernalis en outeur van Resident Alien verduidelik hoe hy die saak sien.

Ek het amper die ander dag ’n Engelsman gebliksem.

Ons het in die kroeg gesit en gesels oor die 20ste herdenking van FW de Klerk se “groot sprong vorentoe” (Om Mao se term effe te misbruik).

Ek het aan die Engelsman verduidelik dat ek gedink het De Klerk se optrede was ’n heldhaftige daad, amper sonder enige gelyke in die geskiedenis van die mensdom, maar hy wou niks weet nie.

“De Klerk was ’n loser,” het hy gesê, “’n rassis wat tot oorgawe gedwing is deur sanksies, globale isolasie, stakings en geweld in die townships en toe gedwing is om, dekades te laat, die behoorlike ding te doen.”

Boekbesonderhede

Scribd.com book preview:

Resident Alien

Please register or log in to comment