Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

Jonathan Ball

@ BOOK Southern Africa

Feestelike Frankryk gevier met kos, musiek en ‘n helikopter

November 24th, 2009 by Claire

Feestelike FrankrykDie skrywers van Feestelike Frankryk daag in 'n helikopter opDis nie elke dag dat skrywers in ‘n helikopter by die bekendstelling van hul boek opdaag nie. Maar dit is presies wat Saterdag gebeur het by die bekendstelling van die besonderse kookboek Feestelike Frankryk: Fabels En Geregte Uit Die Franse Platteland (Festive France in Engels).

Hardy Olivier en Louis Janse van Vuuren het met ‘n helikopter op die plaas Lelienfontein buite Wellington geland terwyl Anet Pienaar, hul medeskrywer, die talle gaste verwelkom het. “Dit was Louis se droom,” het Pienaar gesê.

Lelienfontein vier als wat Frans is....Hardy Olivier, Anet Pienaar en Louis Janse van VuurenHierdie drietal, ‘n kunstenaar, ‘n sjef en ‘n stylvolle dame, het die kookboek saamgestel ná ‘n reis deur Auvergne in Frankryk.

Daarom was die plattelandse atmosfeer van Lelienfontein ideal vir ‘n viering van hul kookboek. “Nader aan die Franse platteland kan jy nie kry nie,” het Pienaar gesê.

Hardy OlivierNiel Rademan en Wilken CalitzGaste is met hul aankoms by dié stylvolle Franse fees met rosé bedien. Dié wyn is spesiaal deur Bosman Familie Wingerde vir die geleentheid geskep. Musiek is deur Neil Rademan en die voilis Wilken Calitz voorsien.

Gaste is bederf met geurige kos wat die drietal opgedis het. Kelners met Franse hoedjies het onder meer krewelsopies, salmhappies, tjips met ‘n knoffelbottersous en boereworsrolletjies met strikkies om uitgedeel.

Wyn wat spesiaal deur Bosman Familie Wingerde geskep is en aptytwekker-sopiesAD Visser, Hans van Eeden, Ina Rupert, Mareli Visser en Andrea van Wyk“Mense vra wie borg dit alles,” het Janse van Vuuren gesê. “Dis ons! Dit gaan vir ons oor vriende. Ons wil só dankie sê aan almal.”

Janse van Vuuren het gesê hy het nou baie respek vir boeke. “Ek vee nou my hande af voor ek aan ‘n boek raak, want ek kan vir jou sê, om ‘n boek te skryf is nie vir sissies nie.” Van Vuuren en Pienaar het albei kursusse in kreatiewe skryfkunde by Riana Scheepers voltooi en dit het hulle baie gehelp.

Hardy Olivier en Louis Janse van VuurenBoereworsrolletjiesVan Vuuren het ook vir Pienaar bedank. “Sy is ‘n deurvoerster,” het hy gesê, want sy het ‘n idee wat met ‘n briefwisseling begin het, deurgevoer totdat dit ‘n werklike boek geword het.

Toesprake was egter kort gehou, want die fokus van die dag was beslis op kos en samesyn. Glase is weer volgemaak en koeksusters, skuimpies en kaasborde is uitgedeel. “Wie weet, miskien skep ons ‘n nuwe tendens vir boekbekendstellings,” het Pienaar gesê.

Fotogalery:

Tjips met 'n knoffel-botter sousAlta, Deon en Jenny RoosAndries, Anja en Ohna BurgerArlette Daniels en John Mac Ginnes

Christa Grobler, Itha Kieser en Karen MaritzDaleen van der Merwe, Errieda du Toit, Sandra Taljaard en Nita SpilhausFrancisca Louw en Steph TerblancheGaste word bedref by die bekendstelling van Feestelike FrankrykHettie Viljoen en Cornelia Smook

Jackie Smithers, Tineke Honig, Gretel Gerber, Amanda Oosthuizen, Jenny St Leger en Susan SchroederJohannes en Cirkine CoetseeKaasbordLouvain Botha, Renier Fourie, Andre Botha en David ViljoenPeter en Nikki Hohne

Phillip, Elsabe, Anneke en Ulrich KotzenbergSalm-happiesSusan Steyn, Gretha Melck en Anita de la BatVal en Andre MullerAttie en Charne Kemp

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment