
‘n Liedjie wat Lize Beekman self op ouderdom 12 geskryf het, is deur die baas van ‘n platemaatskappy gehoor en dit het die titelsnit van Clive Bruce se album geword.
Dit was maar net die eerste hoogtepunt in ‘n indrukwekkende musiekloopbaan. Hierdie en ander gebeure in die talentvolle sanger se lewe word deur Ilza Roggeband in 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek vertel.
Jy kan ‘n eksklusiewe uittreksel uit Roggeband se boek op Sarie se webtuiste lees. Daar word ook oor die moeilike tye in Beekman se lewe geskryf, soos toe sy gemolesteer is. Lees ook wat Elzabé Zietsman, Amanda Strydom en Pedro Kruger oor haar te sê het.
Haar pad na sukses was ‘n lang een, maar Lize Beekman het deur die jare bewys dat sy een van Afrikaanse musiek se beste liedjieskrywers ooit is
Uittreksel: 50 Stemme – die Grootste name in Afrikaanse musiek deur Ilza Roggeband (vrygestel deur Jonathan Ball). Dis vrylik by alle boekwinkels landswyd beskikbaar teen R230.
Sy is op 22 Julie 1974 in Bellville buite Kaapstad gebore en het al kleintyd begin liedjies opmaak.
“Ek het nuwe woorde vir bestaande liedjies geskryf,” onthou sy. “Ek het byvoorbeeld ‘Ver in die wêreld Kittie’ herskryf met woorde vir my ouma Bessie. Die laaste versie was: ‘En ons is baie lief vir haar, lief vir haar, lief vir haar voorwaar.’ Ouma Bessie het in Februarie 2009 ‘n volle 102 jaar oud geword. Toe ek nog ‘n klein dogtertjie was, het dit al vir haar moeilik begin raak om kerk toe te stap. Ek sou ‘n kassetspelertjie neem en vir haar ‘preke’ opneem. Ek het ‘n stukkie uit die Bybel gelees, vir haar gepreek en dan gesing. En ek het gepréék! Vir haar presies gesê wat die versie beteken wat ek vir haar gelees het.”
Book details
Foto te danke aan Sarie
Please register or log in to comment